Die eerste opnemer is gekry van die Germanwings-vliegtuig wat in Frankryk neergestort het. Dis beskadig, luidens talle berigte in die Franse media. Geen nadere besonderhede is verstrek nie.
Opnames van geluide, insluitend stemme, in die stuurkajuit is wel gekry, berig die Franse nuusagentskap AFP.
Die toestel wat gekry is, is die stemopnemer van die stuurkajuit, wat saam met die vlugopnemer bekendstaan as ’n vliegtuig se “black box.”
- Sapa