Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Eiervrugpizzas met slaai

$
0
0

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 30 min.
Gaarmaak: 15-20 min.

2 groot eiervrugte
30 ml (2 e) growwe sout
2 wiele fetakaas, grof gekrummel
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
TAMATIESOUS
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) olyfolie
30 ml (2 e) tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 e) suiker
sout en vars gemaalde peper
SLAAI
15 ml (1 e) olyfolie
6 murgpampoentjies, in linte gesny met ’n groenteskiller
sout en vars gemaaldepeper
10 g roketblare
60 ml (¼ k) gesplinterde amandels (opsioneel)
SLAAISOUS
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) witwynasyn
2 ml (½ t) Dijonmosterd
1 knoffelhuisie, fyngedruk

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Sny die eiervrugte in skywe van 2 cm dik. Sprinkel die sout oor en sit in ’n vergiettes.
  2. Tamatiesous Braai die ui en knoffel in die verhitte olyfolie. Voeg die tamatiepasta en tamaties by en bring tot kookpunt. Laat prut tot gereduseer. Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper.
  3. Vee die sout van die eiervrug af, klad droog, pak op die bereide bakplaat en bak 10 min.
  4. Skep ’n lepel van die tamatiesous op elke eiervrugskyf. Sprinkel die kase oor en bak nog 5-10 min. tot gesmelt.
  5. Slaai Vryf die olyfolie deur die murgpampoentjielinte en skroei alkant in ’n ysterpan.
  6. Slaaisous Klits die slaaisousbestanddele saam en meng deur die murgpampoentjies en die res van die slaaibestanddele. Sit voor saam met die pizzas.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>