Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

17-jarige seun skiet homself in Russiese roelet

$
0
0

Volgens die polisie het ’n speletjie van Russiese roelet Maandagoggend vroeg geëindig toe ’n tiener van Suid-Carolina homself noodlottig in die kop skiet.

Die 17-jarige seun het hom kort ná middernag doodgeskiet in ’n woonstel in Los Angeles, het Los Angeles se polisie gesê.

Die kenmerke van die potensieel dodelike speletjie is dat jy slegs een patroon in ’n rewolwer plaas, die silinder laat tol en daarna die bek van die rewolwer teen jou slaap hou.

Volgens die owerhede het die seun ’n .38 Special-rewolwer uitgepluk en gesê hy gaan Russiese roelet in sy kamer speel.

Nadat sy twee neefs by hom gepleit het om dit nie te doen nie, het hy die rewolwer teen sy kop gehou en ’n enkele skoot geskiet, het polisiewoordvoerder Juanita Navarro-Suarez gesê.

Die tiener is by ’n hospitaal dood verklaar. Daar is beslis dat sy dood ’n ongeluk was.

Hy het by sy ouer broer en skoonsuster gewoon.

Besonderhede oor hoe die tiener die wapen in die hande gekry het en aan wie dit behoort het, word ondersoek.


 
Bronne: LA Times, Mirror.co.uk


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>