Die polisie het ’n bejaarde man in hegtenis geneem wat teen tien motors gebots het toe hy ’n parkeerarea by ’n kruidenierswinkel in Amerika wou verlaat.
Die man (92) wou die Piggly Wiggly-kruidenierswinkel se parkeerarea in Mayville, Wisconsin verlaat toe die ongeluk gebeur. Die polisie in Mayville ondersoek nou hoe die man sulke slegte geluk kon hê. Die ongeluk het op Vrydag 13 Februarie plaasgevind.