Kom ons begin by die maklike een – die geheim is om water in sy suiwerste vorm in te kry. Hou ’n bottel water op jou lessenaar waar jy dit kan sien. Hou ook ’n kleiner botteltjie water byderhand wanneer jy uitgaan. Terwyl jy oefen, behoort jy ekstra bewus te wees van jou waterinname. Jy kan ’n drankie oorweeg wat ook elektroliete bevat – voor jy gaan oefen is iets soos ’n sportdrankie of klapperwater ’n uitstekende idee. Moet nooit sonder ’n betroubare drinkding in jou hand by die gim opdaag of ’n oefensessie aanpak nie.
As jy nie van skoon water hou nie, is dit ook nie ’n groot probleem nie. Jy moet steeds vroeg soggens en voor maaltye skoon water drink, maar daar is maniere om dit op te kikker. Raak kreatief met tee en maak verskillende soorte kruietee deel van jou daaglikse inname. Kruietee het aansienlik meer voordele as net dat jy gehidreer bly. As jy aan sap verslaaf is, kan jy dit begin afwater. So sal jy boonop ’n klomp suiker uitsny.
Onthou, vrugte en drinkgoed is ewe belangrik vir hidrering. Komkommers bevat volop water en feitlik geen kilojoules nie; dus werk dit uitstekend in jou kosblik. Sny dit in stokkies vir ’n gesonde en waterryke happie of voeg snye komkommer by jou slaaie. Daar is nog baie ander soorte waterryke vrugte en groente waarmee jy jou slaai kan aanvul – tamaties, blaarslaai, radyse, groenrissies en spinasie. En, as jy lus het vir iets soets, moenie die waatlemoen vergeet nie.
Daar is selfs ’n app hiervoor beskikbaar. As jy jou waterinname wil beheer, kan jy ’n stap in die regte rigting doen deur gesonde hulp op jou slimfoon of tablet af te laai. MyFitnessPal is gratis beskikbaar en dit hou telling van die hoeveelheid water wat jy inkry. Jy kan daar ook aantekeninge maak oor jou dag se kos en oefeninge, en so alle inligting oor jou gesonde leefstyl op een plek hou.
© Cover Media