Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 11 Februarie 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Vanjaar is daar hoofsaaklik goeie sterre vir jou, maar daar sal probleme wees wanneer van jou planne liederlik misluk. Dis tyd dat jy ontslae raak van die gemors wat jou lewe vol maak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens sal goed vaar met dinge wat met watermassas te doen het, keur- of fyn eetware, advertensies of enigiets wat met films of die verhoog te doen het. Hulle het ’n sterk talent vir beeldvorming en kan selfs effens heldersiende wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Daar sal probleme met of weens geld of persoonlike besittings wees. Dikwels gaan dié sterre saam met die verlies of diefstal van iets. Meestal verloor jy iets wat dan deur iemand “gevind” word.

VISSE (20 Feb.-30 Mrt.)
Daar heers verwarring om jou. Sommiges sal sê Visse is normaalweg nie verward nie, maar hulle is dikwels verlore in ’n wolk van verwarring. Vandag is jy ietwat deurmekaar.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vandag is daar omstandighede wat vereis dat jy terugkyk na die verlede om oplossings te kry vir die probleme wat jy vandag ondervind. Gelukkig het die Ram ’n goeie geheue, want van die oplossings lê baie ver terug.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Daar is goeie sterre om vriende of vennote te ontmoet en ’n koppie koffie of dalk iets sterker saam te geniet. Dit is goeie sterre dié, maar onthou, matigheid in alle dinge dui op groot wysheid.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Vandag is daar ’n bevordering, maar dikwels bring die sterre wat jy het net ’n effense bevordering. Moet dus nie ’n nuwe Rolls-Royce bestel omdat jy die leer gaan klim nie. Jy kry ’n paar mooi komplimente.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Jou kop is by reis na ’n veraf plek. Wanneer jy aan reis dink, dink jy gewoonlik aan ’n bootreis of om by die water te wees omdat jy ’n waterteken is. Vandag is geen uitsondering nie. Dit sal baie lekker wees om met jou eie jag te seil.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Dit lyk of jou werk nogal intens is. Iemand het aangejaag en jy of iemand moet die gemors opruim. Te oordeel na die sterre sal dit baie tyd en moeite neem om dié fout behoorlik reg te stel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)
Daar is goeie omstandighede vir dinge wat met vennootskappe en intieme verhoudings te doen het. Hierdie sterre bring nie ondraaglike plesier wat onbepaald uitgerek word nie, maar dit bring intieme tye en die potensiaal vir meer.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Iemand sal groot leuens vertel. Gewoonlik sal dit jou nie pla nie, maar dit lyk of jy vandag toevallig betrokke raak. Die vraag is nou: Steun jy die mens wat jok of dring jy aan op die waarheid?

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar is potensiaal vir magiese oomblikke in jou liefdeslewe, maar natuurlik is dit ’n werkdag. As jy nie iets vir die namiddag kan reël nie, is dit nog een van daardie geleenthede wat verbygaan, want hierdie sterre is vlietend.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar sal ’n lekplek wees. Dis nie ernstig nie, maar dis iets waaraan jy moet aandag gee voordat dit erger word. Dis gewoonlik ’n goeie idee om ’n kundige te bel wat kan seker maak enige lekplek is behoorlik geseël.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Dikwels bring die sterre wat jy het vals inligting en dikwels tree jy op grond van hierdie inligting op – tot jou skade. As jy dus ’n ernstige besluit moet neem, kry die feite uit die perd se bek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>