Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Thomas (kykNET): Dis hoogspanning en asem ophou om te sien of ons helde aan Sharky September se woede gaan ontsnap. Die spanning tussen Johan en Louisa bou op en Alex raak al meer gefrustreerd.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Daar raak geld uit Isabel se beursie weg en sy vermoed wie die dief is. Stef wonder oor Marius en Vicky se verhouding, maar Fritz vat hom vas. Carina voel haar lewe is leeg. Anthony weier om te aanvaar dat Maryke vals is. Nico maak Sonja die hof, maar hy kom agter dis nie so maklik nie. Gunther gaan na Isabel met ‘n interessante aanbod, maar sy jaag hom weg.
18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.
18:30 7de Laan (SABC2): Die Meintjies-gesin is dankbaar om terug in mekaar se geselskap te wees. Bonita is nie bereid om te vergeet en vergewe nie. Linda en Danelle het ’n uitval.
19:30 Binnelanders (kykNET): Susanna sit haar voet neer, Jana besef dat At baie meer hardkoppig is as sy en Pippa word teen die mure uitgedryf deur At. Cheri-Lee het slegte nuus vir Ivanka, en Nick se afspraak verloop glad nie soos wat hy dit beplan het nie. Ivanka maak ‘n moeilike keuse ter wille van veiligheid.
20:00 Reis na Gister (kykNET): Die naam Marc Lottering prikkel die lagspiere by elke Suid-Afrikaner. In hierdie episode kuier en lag ons saam met die bekende komediant in die plek waar hy gebore is, Kaapstad.
20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal om hul neuse uit sy komende egskeiding te hou. Maya heroorweeg haar eie verhouding met Elliott.
20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.
20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Die Karoliete kom nader aan die waarheid oor wat gebeur het met die Haasbroeke in Pretoria, en Gertjie word sleg deur haar pa Giel uitgevang. Rooikappie en Kortjas besluit om in te meng in ander se verhoudings, en Tony se kuier by Roulien maak hom laat vir ‘n belangrike ete-afspraak met Sanna. “Meester se huis” veroorsaak probleme vir die Haasbroeke, terwyl Rooikappie haar eie huisie kwyt is. Abdoel se goeie nuus laat die opsitkers laag brand.
20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.
22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.