Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 7 Februarie 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Vanjaar se sterre beloof groot dinge vir besigheid en nuwe ondernemings. Dis die sterre vir winste en verhogings. Jy behoort dus in die komende maande vooruit te gaan. Dis ’n besige tyd met ’n krisis wat deur agtelosigheid veroorsaak is.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Dis aangename mense, maar geneig om oormatig en impulsief vrygewig te wees tot hul eie skade. Moeilikheid kan deur godsdienstige mense of persone in die politiek veroorsaak word. Hierdie persone moet dus nie by sulke mense betrokke raak nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Daar is goeie sterre vir die huwelik en intimiteit. As jy vandag by ’n troue betrokke is, kan jy verwag dat alles glad sal verloop. Bowenal sal dié huwelik ’n lang suksesverhaal wees. Dis op alle gebiede ’n baie goeie dag.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)
Daar is dinge wat jy nodig het, maar om dit te doen, het jy privaatheid nodig. Ongelukkig word privaatheid nie deur jou sterre vir vandag aangedui nie. Wat wel aangedui word, is kort alleentydjies en lang sarsies sosialisering.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Die hoeke wat vandag beïnvloed word, is jou hoek vir hoop en wense en jou hoek vir die liefde en romanse. Dit behoort gelukkige omstandighede vir jou liefdeslewe te weeg te bring. Dis ’n tyd wanneer liefde en passie floreer.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
As jy die sterre wat jy vandag het, op ’n weeksdag gehad het, sou jy bevordering gekry het, maar dis nou naweek; dus sal dié sterre vordering met ’n stokperdjie of belangstelling meebring. Kan dit beteken dat jy ’n medalje wen?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Reis sal belangrik wees. As dit nie jy is wat iewers heen gaan nie is dit iemand naby. Of dit kan jy wees wat iemand ontmoet wat pas van oorsee af teruggekeer het. Daar sal ook heelwat kontak met familie wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Iemand gee jou iets wat jy wil hê. Dis iets wat al lank op jou wenslysie is, maar om die een of ander rede het jy dit nog nie gekry nie. Dit sal jou naweek maak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Dis ’n tyd vir uitbreiding. Jy besef skielik jy het ’n ruk lank ’n beperkte soort lewe gelei en dis tyd dat jy jou grense verskuif en die ruimte om jou gebruik. Jy kry ook ’n paar goeie idees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)
Dinge uit die verlede kom terug en bring belonings. Dis moeilik om te sê wat presies dit beteken, maar soms beteken dit jy vind iets waardevols wat jy ’n ruk gelede verloor het. Soms beteken dit iemand gee iets terug.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Daar is wonderlike sterre vir tyd saam met vriende en vennote. Dit lyk of daar partytjies of byeenkomste kan wees. Jy kan ’n goeie tyd verwag, maar maak seker jy het geld by jou vir ingeval.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jy doen iets wat jou lof en ’n soort prys besorg. Dit hoef nie ’n trofee of medalje te wees nie, maar dit kan wees dat jy iemand beïndruk wat onbeïndruk was. Sekerlik sal daar rede vir gelukkigheid wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
As jy daaraan dink om binnekort weg te gaan, is dit nou ’n goeie tyd om plek te bespreek. As jy een van die gelukkige Boogskutters is wat nou weggaan, het jy ’n goeie tyd gekies, want dit sal ’n gelukkige reis wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Daar is gelukkige tye vir partytjies en sosialisering. Met dié sterre kan jy selfs ’n soort prys wen, maar as dit gebeur, sal dit nie ’n groot prys wees nie. Jou verhoudings lyk goed.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>