Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.
18:30 7de Laan (SABC2): Linda weet presies wie sy as skoondogter wil hê. Xander voorkom dat Vince ’n groot fout maak. Ryno is halsoorkop – sal hy na sy kop of sy hart luister?
18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.
18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.
19:30 Binnelanders (kykNET): Susanna is nie seker of Anton ooit sal herstel na sy laaste terugslag nie, en Karli rig ‘n waarskuwing aan Adelyn oor Nick, en At vang ‘n vyand by Jana. Cheri-Lee geniet die hospitaal se kos, en Merle verduidelik wat sy eintlik in Pretoria kom doen het. Susanna neem ‘n ‘gevangene’.
20:00 Jou Show (kykNET): Koos Kombuis vertel ou stories en sleep die mikrofoon nader vir ‘n liedjie. Hélène Truter gesels oor ‘n leeftyd voor en agter die kamera, terwyl Die Jaloersbokkies ons ateljee volstaan en musiek maak. Wicus en Anne is soos altyd weer besig om onmin te saai…
20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris stop te sit.
20:30 Mind Games (M-Net): Akteurs Christian Slater en Steve Zahn is twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit.
21:00 Gorgeous(e.tv): ’n Meisie reis na Hong Kong om liefde te vind en ontmoet ’n saggeaarde professionele vegter op wie sy haar hart verloor.
21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘Iemand Anders’: Daar is iets snaaks omtrent Johannes. Iets ongewoons. Hy is nie sy gewone self nie. Hy is nie meer seker wat ’n gewone self is nie. Maar wat die fout nie by Johannes lê nie?
21:30 Jack Taylor: The Guards (M-Net): ’n Drama wat afspeel in Ierland oor ’n polisieman wat ’n privaatspeurder word om ’n vermiste tiener te vind.
21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.
22:45 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.