Hyundai het die motorwêld met ’n opwindende bakkie-konsep verras.
Dié gewilde Koreaanse vervaardiger het die Santa Cruz-konsepvoertuig by die Detroit-motorskou in Amerika ten toon gestel.
Die konsep se presiese afmetings is nie bekend nie, maar die Santa Cruz is glo nie veel groter as ‘n Chevrolet Utility nie. Onder die enjinkap is ‘n 2,0 L-turbodiesel wat 142 kW and 407 Nm ontwikkel.
Hyundai is nog tjoepstil wanneer dié konsep in produksie sal gaan.