’n Polisieman van Amerika het oornag ’n YouTube-sensasie geword met ’n video wat met ’n kamera op sy paneelbord verfilm is.
Die vrolike polisieman word so meegevoer deur Taylor Swift se liedjie Shake it Off dat hy heelpad saam dans. Hy hou net ’n paar keer stil om voetgangers oor die pad te wuif, maar dan gaan hy weer aan.
Taylor Swift het ook die video gesien en die skakel hertwiet. Sy het hom geprys vir sy “parmantigheid”.
Vir die goedvoel-video kyk hier: