Hulle kon geen bewys vind dat daar verlede maand terrorisme betrokke was toe ’n vliegtuig van AirAsia neergestort het nie, het ’n Indonesiese ondersoekers Dinsdag gesê.
Die National Transport Safety Committee, wat begin het om die stemopnames in die stuurkajuit te transkribeer, het geen teken van gemene spel gevind nie, het Nurchayo Utomo, een van die speurders, gesê.
‘Ons kon geen aanduiding van terrorisme kry nie.’
“Ons kon geen aanduiding van terrorisme kry nie,” het hy gesê. “Daar was geen ander stemme behalwe dié van die loodse nie.“
Die vliegtuig, met 162 mense aan boord, het op 28 Desember neergestort op ’n vlug van Surabaya, Indonesië, na Singapoer.
Tot op hede is daar 53 liggame gevind.
Nurcahyo het geweier om enige ander inligting uit die opnames te bekend te maak, aangesien die werk nog nie afgehandel is nie.
Volgens hom sal daar op 28 Januarie ’n voorlopige verslag oor die ongeluk uitgereik word.
“Ons het 12 maande tyd om ’n finale verslag uit te reik, maar ons hoop om dit gouer te kan doen,” het hy gesê.
 
- Sapa