Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Dis ’n besige jaar en baie goeie dinge gebeur met jou. Jy kan een of ander iets wen, maar dit sal eerder vanweë persoonlike talent wees as vanweë goeie geluk. Jy onderteken belangrike ooreenkomste en bindende kontrakte.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens is aktief, ferm en ondernemend. Dit is iemand om mee rekening te hou. Hulle is wenners, nie deur die geluksgodin nie, maar deur harde werk en suiwer talent. Hulle mag dalk nie wêreldberoemd raak nie, maar hulle sal baie goed vaar.
STEENBOK (23 Des. – 20 Jan.)
Vandag heers ’n goeie stemming, maar iemand kan die verlede weer opdiep. Die dinge waaraan die mens dink, is dinge wat jy liewer sou wou vergeet; dis dinge wat jou in die verleentheid bring.
WATERDRAER (21 Jan. – 19 Feb.)
Jy het goeie sterre vir samesyn met vriende en kollegas. As daar dus ’n werkpiekniek ná Kersfees is, probeer dit bywoon. Daar is ook goeie sterre om ’n persoonlike doelwit te bereik. Dis nie duidelik wat jy bereik nie, maar jy is tevrede daarmee.
VISSE (20 Feb. – 20 Mrt.)
Jy aanvaar groter verantwoordelikheid. Dit was nie jou idee nie. Dis naweek en jy wil net ontspan, maar op die een of ander manier betrek mense jou by die situasie waarin jy moet seker maak dinge loop goed af.
RAM (21 Mrt. – 20 Apr.)
Vandag is die koue Saturnus in jou hoek vir reis. As jy weggaan of as iemand ver kom om jou te besoek, kan jy verwag dat jy ure sal rondstaan en wag dat iets gebeur.
BUL (21 Apr. – 20 Mei)
Jy bestee baie tyd aan fantaseer. Dis nie duidelik waaroor nie, maar omdat jy die bul van die diereriem is, is dit nie moeilik om te raai waaroor nie. Die goeie nuus is: Jou drome word later vandag waar.
TWEELING (21 Mei – 21 Jun.)
Die koue Saturnus in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings bring dalk nie veel warmte en passie nie, maar dit bring bestendigheid en betroubaarheid. Vandag raak van jou drome werklikheid.
KREEF (22 Jun. – 23 Jul.)
Daar is swak sterre vir gesondheid. Met dié sterre is dit gewoonlik jou gewrigte en vel wat ly. As jy dus buite in die son is, wend sonskerm aan en as jy stap of hardloop, beskerm jou gewrigte deur harde oppervlakke te vermy.
LEEU (24 Jul. – 23 Aug.)
Saturnus in jou hoek vir liefde en romanse sal ’n demper op jou liefdeslewe wees. Daar is nie veel wat jy kan doen om dit te keer nie; leef dus daarmee saam en spits jou daarop toe om guns te wen wat jou later kan help.
MAAGD (24 Aug. – 23 Sep.)
Daar is goeie sterre vir die huis of tuin, veral die tuin. Jy sal uitwerk watter punt van die plant jy in die grond moet druk en watter een jy moet snoei. Dit kan jou dag maak.
WEEGSKAAL (24 Sep. – 23 Okt.)
Saturnus in die derde hoek, soos dit vandag is, is ’n teken van oponthoude en hindernisse, veral wanneer dit by reis kom. Die beste manier om dit te oorkom, is om vroeg te vertrek en koffie te geniet terwyl jy wag.
SKERPIOEN (24 Okt. – 22 Nov.)
Daar sal geldelike probleme wees. Dit behels meestal dat jy nie genoeg kontant het waar kontant koning is nie. Dit kan slim wees om vroeg na die OTM te gaan en geld te trek voor jou dag regtig begin.
BOOGSKUTTER (23 Nov. – 22 Des.)
Saturnus is in jou teken geaktiveer. Dit maak jou stil en byna introspektief. Dit gaan jou nie help om partytjie te hou nie. Jy moet sterk wees en hard probeer om vrolik te wees.