Het jy al ooit iemand so verpes dat jy wens ’n pak blinkertjies kan in hul gesig ontplof? Want ons almal weet watter pes blinkertjies kan wees wanneer dit oral mors. Jy kry dit doodeenvoudig nie van jou vel, jou vingers of jou hare af nie.
↧

Vindingryke entrepreneurs in Australië het hierdie leemte in die mark raakgesien. Betaal hulle sowat R95 en hulle sal ’n koevert tot barstens toe vul met blinkertjies en dit na iemand enige plek ter wêreld pos wat jy voel ’n paar dae van skrop en was verdien.
Die plan is eenvoudig: Vul ’n koevert met soveel blinkertjies dat dit nie anders kan as om oral te mors sodra die onbewuste sot die koevert doodluiters oopmaak nie.
Die maatskappy Ship Your Enemies Glitter beloof ook totale anonimiteit sodat jou vyande jou nie ná die tyd nog meer verpes nie. Intussen sal jy jou op ’n afstand kan verlekker in hul verknorsing.
Die onderneming is skaars ’n week oud en reeds word hulle oorval deur bestellings uit alle oorde. Gister het hulle nuwe bestellings vir eers halt geroep omdat hul voorraad blinkertjies begin opraak het.
Besoek gerus http://www.shipyourenemiesglitter.com/ vir nog inligting. Wees net gewaarsku: die webtuiste bevat kru taal; dié maatskappy draai nie doekies om nie.