Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Selfone laat jou vroeg oud lyk

$
0
0

Is jy moeg om alewig in jou tieners se kroontjie vas te kyk terwyl hulle vasgenael is aan hul slimfoon- of tabletskerm? Dalk help hierdie nuus: Sê vir hulle dit maak hulle vinniger oud.

Dermatoloë voer aan die gereelde nekbuigings na die skerm laat jou nekvel en wange hang en veroorsaak ’n kenmerkende lyn bo jou sleutelbeen.

Mense tussen 18 en 39 wat gemiddeld drie digitale toestelle gebruik en ongeveer 150 keer per dag na die skermpies staar, kry ’n vou in hul nek – die sogenaamde tegnonek.

“Plooie en los vel om die gesig steek gewoonlik eers kop uit in die middeljare, maar in die afgelope 10 jaar het dit ’n probleem geword vir ’n jonger geslag vroue weens die tegnonek,” sê Christopher Rowland Payne, ’n dermatoloog by ’n Londense kliniek.

Ander kenners beweer ook die afwaartse beweging van die nek kan nog plooie om die ken en die res van die nek veroorsaak.

Bronne: TIMESLive en The Daily Telegraph

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>