Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Feite oor vesel

$
0
0

As ’n gesonde dieet vir jou belangrik is, sal jy weet dat vesel noodsaaklik is.

Dit is algemeen bekend vesel help hartsiektes, diabetes en gewigstoename voorkom en dis ’n maklike manier om spysvertering aan te help. Veselryke voedselsoorte stil dikwels jou honger gouer en dit help jou ook langer versadig voel.

Asof dit nog nie genoeg is nie, is daar in ’n nuwe navorsingstudie, waaraan byna ’n miljoen mense deelgeneem het, bewys dié wat ’n veselryke dieet gevolg het, het ’n skraler kans om aan enige oorsaak te sterf.

Navorsers aan die Sjanghai-kankerinstituut in China het data uit 17 verskillende studies ondersoek. Byna ’n miljoen mense was daarby betrokke. Die bevindings is in The American Journal of Epidemiology gepubliseer. Die mense is in vyf groepe opgedeel volgens die dieet wat hul gevolg het.

Daar is bevind dat 16 persent van dié wat die mees veselryke kos geëet het, ’n laer kans gehad het om te sterf as dié wat die minste vesel geëet het. Hierbenewens was daar ’n 10 persent-daling in sterfte, om watter rede ook al, by die persone wat 10 g meer vesel geëet het.

Mense in die Verenigde Koninkryk word tans aangeraai om minstens 18 g vesel per dag in te neem. Die nasionale gesondheidsdiens se webtuiste waarsku dat die meeste mense nie hierdie syfer haal nie.

‘Daar is bevind dat 16 persent van dié wat die mees veselryke kos geëet het, ’n laer kans gehad het om te sterf as dié wat die minste vesel geëet het.’

Die resultate beteken dat ’n mens eintlik moet probeer om meer as dit in te neem, veral aangesien die inname van 10 g so ’n drastiese uitwerking op jou gesondheid kan hê. Eintlik is 10 g vesel nie juis veel nie; dis ’n paar vrugte of groente of semelryke graanvlokkies.

Daar is twee soorte vesel in talle voedselsoorte. Vrugte, wortelgroente, hawermout, lynsaad, gort en rog bevat oplosbare vesel, wat as heilsaam beskou word vir cholesterol en hardlywigheid.

Soos van die naam afgelei kan word, word onoplosbare vesel nie verteer nie. Die heilsaamheid vir die liggaam lê daarin dat dit deur die dermkanaal beweeg sonder dat dit afgebreek word. Dit help dus die ander kos beweeg. Hierdie soort vesel is heilsaam vir die ingewande en vertering. ’n Mens kry dit in growwebrood, neute, sade en semels.

’n Mens kan jou veselinname verhoog deur die volgende te eet: ’n halwe blikkie sousbone bevat 7 g, daar is 3 g in ’n klein, ongeskilde aartappeltjie en 4 g in ’n bakkie volgraanvlokkies. Mielies aan die stronk is ook ’n goeie bron, met 6,3 g per mielie.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>