Lang werksure maak dalk ’n goeie indruk op jou baas, maar dit kan jou na drank dryf.
↧
Lang werksure maak dalk ’n goeie indruk op jou baas, maar dit kan jou na drank dryf.
In ’n oorsig van studies waaraan meer as 400 000 mense deelgeneem het, is bevind dat dié wat weekliks meer as 48 uur by die werk deurbring, meer geneig is om “gewaagde” hoeveelhede drank in te neem.
In die navorsing se uitslag wat in die vaktydskrif British Medical Journal gepubliseer is, word aangevoer lang werksure laat die waarskynlikheid van oormatige drankgebruik met 11 persent toeneem.
Werknemers wat 49-54 ure per week werk, se risiko om ’n gewoonte van “waaghalsige alkohol verbruik” te ontwikkel, is 13 persent hoër as die van mense wat 35-40 uur per week werk.
Dié wat meer as 55 uur per week werk, loop ’n 12 persent groter gevaar.
“Waaghalsige alkohol verbruik” is meer as 14 eenhede alkohol per week vir vroue en meer as 21 eenhede vir mans. Hierdie hoeveelhede verhoog jou kans op lewer en hartsiektes, kanker, beroertes en geestesteurings.
’n Eenheid alkohol is gelykstaande aan ’n derde van ’n bier, die helfte van ’n 175 milliliter glas wyn met 12 persent alkohol of 25 milliliter whisky.
Bronne – AFP, IOL