Jennifer Aniston vra verskoning as aanhangers van Friends keelvol is vir die reeks se akteurs.
Die trefferprogram het 10 jaar die kassie oorheers en wêreldsterre gemaak van die hoofkarakters, Jennifer, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matthew Perry, Matt LeBlanc en David Schwimmer.
Terwyl geen nuwe aflewerings sedert 2004 vervaardig is nie, word die gewilde program steeds daagliks op verskeie TV-kanale heruitgesaai.
“Dit is ’n ja. En, weet jy, ek dink veral as jy 10 jaar lank op ’n televisieprogram is, is jy in almal se huis. Nou waarskynlik amper te veel. Daarom vra ek verskoning as julle keelvol is vir ons,” het Jennifer laggend op die TV-program Good Morning Britain gesê.
“Maar, ja, daar is iets . . . en ek is dol daaroor. Die aanhangers is baie oulik en vriendelik en opgewonde. Dis regtig lekker.”
Sedert Friends geëindig het, geniet Jennifer ’n voorspoedige loopbaan en vertolk sy gereeld komedierolle.
Sy is ook gelukkig saam met haar verloofde, Justin Theroux, en erken die lewe kon nou nie beter gewees het nie. “Nee, jy is nie (voorbarig) nie, ek is op ’n wonderlike plek. Ek is baie gelukkig; ek is opgewonde.
“Ek voel trots en ek is trots op die werk wat ek doen en ek is opgewonde daaroor.
“En ek werk saam met so baie wonderlike mense. Dit was ’n buitengewone sowat 20 jaar. Ek het (baie leeftye gehad). Ek het baie keer gedink: ‘Woep, weer gebore. Ek’s terug!’” het sy laggend gesê.
Die 45-jarige sal binnekort op die silwerdoek te sien wees as die tandarts Julia Harris in Horrible Bosses 2, die skreeusnaakse opvolg op die oorspronklike van 2011.
Die rolprent is vol smerige kaperjolle en Jennifer erken die akteurs – onder andere Jason Bateman, Jason Sudeikis, Kevin Spacey en Jamie Foxx – het hul bes gedoen om nie ’n oog te knip terwyl hulle verfilm nie.
“Ons is professioneel – ons is nie buite beheer nie. Ons probeer net die afstootlikste, wonderlikste keuse moontlik maak,” het sy glimlaggend gesê.
© Cover Media