Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

GWM verras met nuwe aanslag op bakkiemark

$
0
0

GWM se aansien in die Suid-Afrikaanse bakkie-mark het die afgelope sewe jaar met rasse skrede verbeter.

Die Steed 5

Die Steed 5

Die Steed 5

Die Steed 5 se binneruim

Die Steed 6

Die Steed 6

Die Steed 6

Die Steed 6

Die Steed 6 se binneruim

Die Steed 6 se binneruim

Met die destyds onbekende Steed-reeks se aankoms in 2007 was daar te verstane aanvanklik skeptisisme.

Hoe kan ’n bakkie plaaslik kom meeding met die bekende maatskappye wat op Suid-Afrikaanse toestande gemik is? Daardie vraag word lankal nie meer gevra nie. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se stewige Steed-bestelling is reeds bewyse van die Steed se vermoë.

GWM Suid-Afrika se nuwe Steed-dubbelkajuitreeks word as sleutelontwikkeling vir die maatskappy gesien. Die Steed 5E en die Steed 6 gaan beslis die plaaslike bakkiemark en selfs ontspanningsvoertuie op hul tone hou.

‘Die Steed 5 sal steeds as intreevlakmodel behou word.’

Die Steed 5 sal steeds as intreevlakmodel behou word, maar het ’n nuwe 2 L-turbodieselenjin wat jou 8,1 L/100 km beloof.

Die Steed 5E, wat slegs in dubbelkajuit vorm beskikbaar is, is gebaseer op die Steed 5, maar aansienlike veranderinge aan die binneruim, spesifiek met betrekking tot geraas- en vibrasiebeheer, maak die Steed 5E ’n meer verfynde produk, wat dit ook ’n aantreklike gesinsvoertuig maak. Dit vervang ook verskeie van die huidige Steed 5-modelle.

Goeie grondvryhoogte (200 mm), ’n skoon, funksionele en ruim kajuitontwerp, allemintige 17-duim-allooiwiele en ’n breker-vooraansig werk goed saam en maak die Steed 5E, wat met ’n petrol- of turbodieselkragbron beskikbaar is, ewe nuttig as ’n werkesel of bloot vir ryplesier wat die koppe gaan laat draai.

 

Steed 6

steed1

Daar is ook heerlik binne en buite geskaaf om die Steed 6 ’n indrukwekkende voorkoms te gee. Dit is ook plaaslik die reeks se vlagskipmodel.

Soos met die Steed 5E is die ruim kajuit en uiters netjiese afronding onmiddellik opvallend. Leersitplekke en -afwerking verleen ook ’n gevoel van luuksheid. Die leerbedekte stuurwiel is ook propvol kontroles – van Bluetooth tot ritmeter, banddruk en veel meer. Omdat jy nie vir knoppies en ander kontroles hoef rond te soek nie, is jy ook veiliger in die Steed 6.

‘Daar is ses lugsakke.’

Dié model het boonop die gevorderdste veiligheidspakket waarmee ’n plaaslike GWM-produk tot dusvêr toegerus is. Daar is ses lugsakke: vir die bestuurder en passasier voor, asook lugsakke by elke syvenster.

Die Steed 6 is die grootse bakkie wat tot nou toe uit GWM se stal gekom het: dit is 5 430 mm lank, 1 800 mm breed, 1 755 mm hoog en het ’n asafstand van 3 200 mm.

Aanvanklik sal die Steed 6 net met die beproefde 2 L-turbodieselenjin beskikbaar wees wat met ’n sesspoed-handratkas 105 kW krag en 305 Nm wringkrag lewer. Volgende jaar sal nog modelle, onder meer 4×4-weergawes, by die reeks gevoeg word.

Nie net het die nuwe modelle nuwe baadjies nie; hulle het ook spiere op die regte plekke en is sag op die oog.

Hierdie bakkies gaan jou lekker bakarm van trots laat loop. Hulle is so perfek vir die Suid-Afrikaanse landskap soos wat rugby en braaivleis deel van ons gene is.

Pryse:

  • Steed 5 Enkelkajuit 2,0 (diesel): R199 900
  • Steed 5 Dubbelkajuit 2,0 (diesel) SX: R229 900
  • Steed 5E 2,4 (petrol) SX: R229 900
  • Steed 5E 2,4 (petrol) Xscape: R244 900
  • Steed 5E 2,0 (diesel) SX: R259 900
  • Steed 5E 2,0 (diesel) Xscape: R274 900
  • Steed 6 2,0 (diesel) SX: R294 900
  • Steed 6 2,0 (diesel) Xscape: R319 900

- Annelene Oberholzer


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>