Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hakke sorg vir beter balans

$
0
0

As jy in jou latere jare hakke dra, kan dit dodelike valongelukke help voorkom, en kenners meen dit kan ook balans help versterk – iets wat van jou 30’s af van nature begin afneem.

 

Dis nie te sê vroue word aangeraai om hul brugklub-ontmoetings in hemelhoë hakskoene by te woon nie, maar ’n skoen met ’n effensie hakkie bied beter balans as ’n platskoen. “Die meeste hakskoene het ’n baie klein oppervlak om op te loop, en jy het dus ’n goeie sin vir balans en propriosepsie (’n sin vir hoe verskillende liggaamsdele in verhouding tot mekaar beweeg) om daarin te kan loop,” sê Christopher Walker, ’n konsultant in trauma en ortopediese chirurgie by die Royal Liverpool-universiteitshospitaal, berig MailOnline. “Hakskoene gee vroue ’n baie goeie sin vir balans.”

Die kanse dat jy sal val, neem met die ouderdom toe; jaarliks val daar een uit drie mense oor 65. En die grootste oorsake van sterftes weens ’n ongeluk onder mense ouer as 75 is wanneer hulle val. Dit kan ook lei tot beenbreuke en lang herstelperiodes – sommige mense kan daarna nooit weer ten volle onafhanklik wees nie.

Die vermoë om jou balans te versterk, kan die geheim wees tot die voorkoming van hierdie soort valongelukke. Veranderinge in balans kan so vroeg as die 30’s voorkom wanneer die deel van ons brein wat ons spirere beheer – die motoriese korteks – begin agteruitgaan.

Spiere sê vir die brein waar om die voet neer te sit en om kennis te neem van die ruimte rondom die voet, maar soos hierdie vermoë afneem, raak ’n gestruikel ál algemener. Balans gaan nie net oor waar jy jou voet neersit nie, maar ook oor hoe jy inligting van die oë, spiere en meganismes in die oor interpreteer. Hakke daag jou sin vir balans uit, wat hierdie meganismes kan slyp.

“As vroue ophou hakke dra, kan hul sin vir balans agteruitgaan,” sê Christopher. “Ons is geneig om soos ons ouer word ons te probeer beskerm deur breër en platter skoene te dra en nie op ongelyke grond te loop nie, maar dit beteken ons kry nie genoeg oefening om goeie balans te handhaaf nie. Hoewel ons ons dus probeer beskerm, verswak ons balans. Hakke bied ’n mate van beskerming daarteen.”

Maar Christopher waarsku dit is beter om platskoene te dra as jy siek is omdat die ouderdom ook die spiere se herstelproses ná ’n onaktiewe tydperk (soos as jy bedlêend was) beïnvloed.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>