Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Speseryvis met peer-koolslaai

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10-15 min.

4 visporsies
sout en vars gemaalde peper
5 ml (1 t) paprika
5 ml (1 t) rooipeper
10 ml (2 t) fyn komyn
10 ml (2 t) knoffelpoeier
30 ml (2 e) olyfolie
SLAAI
350 g koolslaaimengsel
2 pere, in stokkies gesny
45 ml (3 e) geroosterde sonneblomsade
SLAAISOUS
60 ml (¼ k) mayonnaise
60 ml (¼ k) gewone jogurt
2 ml (½ t) fyn komyn

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die visporsies met die sout en peper. Meng die paprika, rooipeper, komyn en knoffel en sprinkel aan albei kante van die vis. Smeer met die olyfolie en pak op ’n bakplaat. Rooster 10-15 min. of tot gaar.
  2. Slaai Meng die koolslaaimengsel en pere liggies.
  3. Slaaisous Klits die mayonnaise, jogurt en komyn goed saam, geur met die sout en meng deur die koolslaaimengsel. Sprinkel die sonneblomsade oor en sit voor saam met die vis.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>