Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gaan Will en Kate hul eie kiekies van George uitreik?

$
0
0

Die hertog en hertogin van Cambridge wil glo hul eie foto van hul seun as die amptelike foto gebruik.

Catherine wil glo die tradisie verbreek deur kiekies te gebruik wat sy en haar familie van prins George geneem het, want sy wil nie sy roetine met ’n formele fotosessie ontwrig nie.

’n Bron het aan die koerant Daily Mirror gesê: “Sy het ’n goeie oog vir foto’s en wil hê die eerste amptelike foto’s van George moet natuurlik en in ’n ontspanne omgewing wees.”

’n Koninklike woordvoerder het die nuus bevestig: “Een van die opsies waarna hulle kyk, is om ’n paar van die familiefoto’s uit te reik wat hulle self geneem het.”

In nog ’n moderne kinkel sal die foto’s van die koninklike baba waarskynlik vroeg volgende week deur ’n skakel op die Twitter-rekening Clarence House bekendgemaak word.

Die prinsie, die derde aanspraakmaker op die troon, sal saam met Catherine by haar ouers, Michael en Carole Middleton, in Bucklebury, Berkshire, bly wanneer William terugkeer na sy werk in Anglesey, Noord-Wallis.

William sal nie lank weg wees nie, want hy sal na verwagting volgende week sy werk by die koninklike lugmag vir ’n nuwe militêre rol verruil.

Hy gaan glo by die Household Cavalry Blues and Royals Regiment by Windsor of Knightsbridge se barakke aansluit sodat hy meer buigsaamheid het om koninklike verpligtinge uit te voer.

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>