Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Luukse sjokolademousse

$
0
0

GENOEG VIR 8 MENSE
Bereiding: 20 minute
Verkoeltyd: oornag

4 eiers, geskei
80 ml (¹⁄³ k) suiker
160 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
45 ml (3 e) sterk swart koffie
60 ml (¼ k) brandewyn
20 ml (4 t) kakao
125 ml (½ k) botter
bessies vir voorsit (opsioneel)

  1. Klits die eiergele en 60 ml (¼ k) van die suiker saam tot dik en lig.
  2. Plaas die sjokolade, koffie, brandewyn, kakao en botter in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater en roer tot gesmelt. (Jy kan dit ook in die mikrogolfoond by volle sterkte smelt. Roer dan elke minuut.)
  3. Klits stadig by die eiermengsel in. Laat afkoel.
  4. Klits die eierwitte en orige suiker saam tot die sagtepuntstadium en vou by die sjokolademengsel in.
  5. Giet in klein bakkies of een groot bak en verkoel oornag. Sit voor met bessies indien verkies.

WENK
As dit by die versiering van sjokolademousse kom, kan jy jou verbeelding vrye teuels gee. Rasper sjokolade in ’n kontrasterende kleur oor, rangskik suikerblommetjies daarop, versier met moerbeie en mentblare, of plaas piepklein aarbei-kebabs bo-op.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!