Die hertogin van Cambridge wil blykbaar inhaal nadat sy twee maande weens kwaai oggendnaarheid buite aksie was.
Catherine, wat vermoedelik 16 weke swanger is, het onlangs verskeie openbare verskynings gemaak, en was so stylvol soos altyd. Kyk hier na die mees onlangse foto’s van haar – en haar piepklein babamagie!
Op 12 November ontmoet Catherine jong atlete by ’n SportsAid-slypskool by die GSK Human Performance Laboratory.
Catherine and Camilla, die hertogin van Cornwall, op 9 November by die jaarlikse diens vir Herinneringsondag by die senotaaf in Whitehall.
Catherine and prins William besoek op 8 November die Pembroke-raffinadery in Pembroke, Wallis.
Catherine op 23 Oktober by die Action on Addiction-gala by restaurant L’Anima.
Catherine op 21 Oktober by die prysuitdeling vir natuurlewefotograaf van die jaar by die Natural History Museum in Londen.
Catherine se eerste verskyning sedert haar tyd weg van die openbare oog. Op 21 Oktober in Londen verwelkom sy pres. Tony Tan van Singapoer aan die begin van sy staatsbesoek.