Michael Schumacher se familie is steeds vol vertroue oor die Formule Een-kampioen se toekoms, maar verklap niks oor sy toestand.
Hulle het Donderdag ’n boodskap op sy amptelike webtuiste geplaas waarin hulle aanhangers bedank vir hul ondersteuning.
“Ons is steeds vol vertroue en hoop op die beste vir Michael. Jul krag help dat ons hom kan ondersteun,” het daar in die boodskap gestaan.
Die verklaring het nie nog besonderhede gegee nie. Michael het in Desember tydens ’n ski-ongeluk sy kop beseer en sy bestuurder het in September gesê hy sterk by sy huis aan.
Die webtuiste is Donderdag heraktiveer om die 20ste herdenking van Michael se Formule Een-titel te vier.