Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die hartseer einde van prins Friso

$
0
0

Ons koninklike blogger onthou  die romantiese liefdesverhaal van Friso, die Nederlandse prins wat gister oorlede is, en sy mooie Mabel.

Prins Johan Friso  en sy vrou, Mabel,saam met hul dogters, gravin Luana (nou 8, links) en gravin Zaria (nou 7, regs). Die foto is in Lech in Oostenryk geneem, sowat 'n jaar voor Friso se tragiese ski-ongeluk in dieselfde bergdorpie. Foto: The Bigger Picture/Reuters

Prins Johan Friso en sy vrou, Mabel, saam met hul dogters, gravin Luana (nou 8, links) en gravin Zaria (nou 7, regs). Die foto is in Lech in Oostenryk geneem, sowat ‘n jaar voor Friso se tragiese ski-ongeluk in dieselfde bergdorpie. Foto: The Bigger Picture/Reuters

VIR prins Johan Friso van Oranje-Nassau was liefde belangriker as om ’n aanspraakmaker op die Nederlandse troon te wees. Dié dat hy in 2004 met sy Mabel getroud is, die vrou wat die afgelope Sondag haar 45ste verjaarsdag langs haar man se siekbed gevier het.

Friso se gebroke liggaam het gister, ná 18 maande in ’n koma, bes gegee. Die 44-jarige prins het in Februarie verlede jaar in Lech, Oostenryk, geski toe ’n sneeustorting hom oorval het. Volgens berigte was die nooddiens onmiddellik op die toneel, maar die prins is 15 minute of langer deur die sneeu verswelg en het breinskade opgedoen weens ’n tekort aan suurstof.

Die droefheid en verslaenheid was duidelik te sien op die gesigte van Mabel, die destydse koningin Beatrix en die destydse kroonprins Willem-Alexander toe hulle kort ná die ongeluk by die hospitaal aangekom het om Friso te besoek. Want was Friso nie altyd Beatrix se “prins Briljant” nie? Die seun met ’n gerf akademiese prestasies onder sy arm, onder meer grade in ingenieurswese en ekonomie, nogal cum laude.

Toe lê hy eensklaps spierwit in ’n hospitaalbed, sy beserings van so ’n aard dat enige kans op herstel onmoontlik was. Maar steeds het koningin Beatrix (nou prinses Beatrix ná haar abdikasie vroeër vanjaar) Friso feitlik elke naweek besoek in die Londense hospitaal waar hy versorg is. En Mabel, ’n gerekende menseregtestryder en lid van die groep van Wyse Gryses wat oudpres. Nelson Mandela byeengeroep het, het ’n paar maande ná Friso se ongeluk haar voorsitterskap van dié groep opgesê juis om meer tyd aan haar man en kinders te skenk.

Friso en Mabel het ná hul huwelik in 2004 uit die kollig getree en in Londen nesgeskop. Omdat Friso sy aanspraak op die Nederlandse troon opgesê het toe hulle getroud is, was hy net as Friso bekend, en het selde die titel prins gebruik. Hy was steeds ’n prins van Oranje-Nassau, maar nie meer ’n prins van die Nederlande nie.

Mabel is allerweë as die ideale skoondogter beskou, maar sowel sy as Friso het nagelaat om haar studente-vriendskap met die berugte Europese dwelmkoning Klaas Bruinsma openbaar te maak.

Sowel  Friso as Mabel het erken dat hulle naïef was om nie alle besonderhede oor dié vriendskap bekend te maak nie, en daarom het die destydse premier, Peter Balkenende, geweier om die parlement toestemming vir hul huwelik te vra. (Volgens Nederlandse wetgewing moet alle koninklikes by die parlement toestemming vra om te trou.)

Hoewel Mabel ontken het dat sy ’n liefdesverhouding met Bruinsma gehad het en dat sy nie van sy misdaad-konneksies geweet het nie, was die spreekwoordelike koeël deur die kerk.

Friso moes afstand van enige aanspraak op die troon doen om met Mabel te trou, maar dié het hy gedoen,

Die twee het ’n stil, onopsigtelike lewe in die spoggerige Londense voorstad Kew gelei, waar hul twee blondekop-dogtertjies Luana (nou 8) en Zaria (nou 7) sonder paparazzi-lense grootgeword het – tot  met die ongeluk verlede Februarie.

Die verdriet oor Friso was blykbaar ook een van die groot dryfvere waarom koningin Beatrix vroeër vanjaar besluit het om te abdikeer ten gunste van Friso se ouer broer, Willem-Alexander.

En met die Olimpiese Spele verlede jaar in Londen was dit vir my aandoenlik om te sien dat Willem-Alexander en sy vrou, Maxima, vir luana en Zaria saamgeneem het na groot geleenthede toe.

Die afgelope ruk het Mabel en haar dogters ook hul intrek in Beatrix se paleis Huis ten Bosch geneem . . . saam met Friso, wat begin Julie uit die versorgingsoord in Londen na die paleis verskuif is. Dalk het hulle vermoed Friso se tyd word minder . . .

Sondag was die gesin saam om Friso se bed om Mabel se 45ste verjaardag te vier. Maar terwyl verjaardagboodskappe nog vars op prinses Mabel se Twitter-profiel gepryk het, het die hartseer toegeslaan. Friso is die volgende dag oorlede.

En in ’n jaar van ’n gewilde koningin groet en ’n nuwe koning verwelkom, moet die Nederlandse volk nou ’n geliefde prins groet wat in die fleur van sy lewe oorlede is.

Arlene Prinsloo is die digitale nasionale inhoudskoördineerder van Digitale Nuus, Media24 Nuus. Sy is ook Huisgenoot se koninklike blogger. Lees haar ander blogs by:

Wat maak klein Gallie daar?

Welkom in die wêreld!

Is baba C stylvol laat?

Baba C gaan luid verwelkom word . . .

Harde werk tot Baba C opdaag!

Laaste sien van Catherine? 

Wie weet?

Dit is amptelik Julie, baba C se geboortemaand!

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>