Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hier kom ’n TV-treffer soos min

$
0
0

Donkerland, wat vanaand op kyk-NET begin, is die grootste Afrikaanse produksie op die kassie in meer as 20 jaar.

Dit gaan epies wees en van 13 Augustus af het jy elke Dinsdagaand om agtuur ’n afspraak met kykNET wat jy nie durf misloop nie.

Want kyk jy so na die syfers van die nuwe drama Donkerland en wat alles ingesit is vir die vervaardiging van dié nuwe reeks uit die pen van Deon Opperman, moet jy jou sit kry en vashou.

So lyk Donkerland se syfers:

  • 142 akteurs het praatrolle gehad.
  • 250 ekstras was nodig.
  • 9 weke is hoe lank die oudisies geduur het.
  • 600 uitrustings is in die reeks gebruik.
  • 6 keer het die regisseur, Jozua Malherbe, en die mede- en lynvervaardiger, Lucia Meyer-Marais, al saamgewerk. Die vorige kere was aan die flieks Superhelde, Roepman en Wolwedans in die Skemer, asook die reekse Innocent Times en getroud met Rugby.
  • 23 was die meeste gewere (Mausers) wat op een slag op die stel was vir die nabootsing van die Slag van Majuba in 1881.
  • 12 maande het die projek geduur, waarvan 13 weke vir verfilming. “Dis baie vinnig,” sê Jozua. “Hollywood sou sê dis onprofessioneel vinnig,” sê Lucia.
  • 80 was die grootste getal akteurs op die stel op een dag. 156 stelle moes vir die reeks verfilm word.

Kry die app
Hier is ’n opwindende nuutjie: Media24 Digitale Tydskrifte het ’n Donkerland-app ontwikkel. Dié interaktiewe app, net vir iPad, sal jou kykervaring verryk met video’s, foto’s en stories oor wat agter die skerms van elke aflewering gebeur het. Die app het 13 dele wat saam met elke nuwe episode in die reeks uitgereik sal word. Die eerste twee is gratis; daarna kos dit $0,99 elk. Jy kan dit kry in die App StoreDie eerste afdeling is op 13 Augustus beskikbaar en daarna elke Dinsdagoggend, voor die nuwe episode die aand uitgesaai word.

Donkerland

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>