Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Diewe gee buit terug

$
0
0

Diewe het elektroniese toebehore wat hulle van ’n liefdadigheidsorganisasie gesteel het teruggegee met ’n briefie daarby waarin hulle verskoning vra.

Die diewe het ses rekenaars met hardeskywe, ’n skootrekenaar en ’n sak met waardevolle items van die hulporganisasie Sexual Assault Services Centre in San Bernadino, Kalifornië, gesteel. Daarna het hulle dit terugbesorg en ’n briefie gelos waarin hulle jammer sê.

Daarin staan: “Ons het geen idee gehad wat ons geneem het nie. Vat jul goed terug. Ons hoop julle ouens sal aanhou om ’n verskil in mense se lewens te maak. God seën.”

Lt. Paul Williams van die San Bernardino-polisiediens het aan NBC Los Angeles gesê: “Dis die eerste keer in my loopbaan dat ek sien dat gesteelde goedere teruggegee word. Dit lyk of skuldgevoelens dit veroorsaak het.”

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>