Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Georgie dalk goed vir toerisme

$
0
0

Prins George se geboorte sal die Britse ekonomie na verwagting ’n hupstoot gee en ’n beduidende invloed op toerisme na die VK hê.

Die derde troonopvolger, wat op 22 Julie in die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal in Londen gebore is, sal na verwagting dieselfde invloed op die ekonomie hê as sy ouers, die hertog en hertogin van Cambridge, se weelderige troue in April 2011, en sy ouma koningin Elizabeth se diamantjubileumvieringe verlede jaar.

Mark Di-Toro van VisitBritain se toerismeraad het aan die tydskrif Hello gesê: “Die koninklike baba gee ons die geleentheid vir ’n klompie goeie, gesinsvriendelike reis-idees en om die profiel van ons koninklike toeristebestemmings in Brittanje te verhoog.”

Sowat 600 000 mense het Buckingham-paleis besoek tydens die twee maande wat dit verlede jaar aan die publiek oopgestel is, en soortgelyke getalle word vanjaar in Londen verwag.

Plekke van koninklike belang, soos die St. Andrews-universiteit, Anglesey, Norfolk en Cambridge sal ook meer toeriste trek.

Mark het bygevoeg: “Ons hoop ook dat die aanvraag na gedenkwaardighede soos sleutelringe en porselein sal verhoog.”

Gedenkwaardighede van die koninklike baba is gewild onder versamelaars en aanhangers en is die Royal Collection Trust se porselein en huishoudelike items is gunstelinge.

Die volle naam en geboortedatum van sy koninklike hoogheid prins George van Cambridge verskyn op hierdie items, en dis versier met die goue kroon van die hertog en hertogin van Cambridge.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>