Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Oormatige kafeïen-inname hou ’n gevaar vir leerders in

$
0
0

Die eindeksamen is hier en die volgende maand sal stresvol wees vir leerders, veral dié wat bekers vol koffie drink om heelnag deur te leer.


Stel leerwerk tot op die nipper uit
Of hulle dit nou met opset doen of nie, begin baie leerders eers ter elfder ure vir die eindeksamen leer en hulle sit dan soms heelnag deur agter hul boeke.

“Dit is wanneer leerders stimulante soos koffie een energiedrankies gebruik om hulle op en wakker te help bly,” sê Mariska van Aswegen, ’n woordvoerder van die allergiemedisyneverskaffer Pharma Dynamics.

Te veel kafeïen kan tot kafeïen-geïnduseerde anafilaksie of kafeïenallergie-toksisiteit lei, veral by sensitiewe mense.

Mariska verduidelik ’n kafeïen-allergie kan misleidend wees.

“Die allergiese mens kan tipiese simptome ervaar wat met ’n allergie verbind word, soos nies, moeilike asemhaling, ’n uitslag, jeukerige of geswolle mond en tong, hartkloppings, duiseligheid of ekseem, maar die liggaamlike leidrade gaan dikwels met psigiatriese reaksies gepaard.”

Afhangende van hoeveel kafeïen ingeneem word, kan die simptome van ’n kafeïen-allergie wissel van matig tot ernstig, wat ’n gebrek aan konsentrasie en begrip, aggressie, hiperaktiwiteit en deurmekaar denkprosesse insluit.

“Leerders kan hul simptome as ’n teken van oormoegheid diagnoseer, wat hulle na nog ’n koppie koffie of energiedrankie laat gryp. Dit bied dalk min verligting, maar hou net aan om hul liggaam te benadeel.”

Kafeïen-allergie is moeilik om te bespeur en kan simptome kan eers ná etlike ure duidelik word. Dit is ook die laaste ding waarmee jy die reaksie in verband bring. Op hul beurt diagnoseer dokters ook selde kafeïenallergie, want baie min van hulle weet daarvan en hulle sal jou waarskynlik nie oor jou kafeïeninname uitvra nie.

Hou by die gesonde perk

Deur drie kafeïenryke energiedrankies per dag te drink, kan leerders meer as 500 mg kafeïen inneem. Dit is 1,5 keer die hoeveelheid kafeïen wat as veilig vir volwassenes beskou word.

“Twee tot drie koppies koffie (300 mg kafeïen) per dag word as veilig beskou en tieners moet hulle tot hoogstens 100 mg kafeïen per dag beperk,” sê Mariska.

Los die kafeïen en volg liewer hierdie eksamenwenke

  1. Mariska gee die volgende raad vir leerders wat vir die eindeksamen voorberei:
  2. Verruil kafeïen vir water. Water gee die brein die elektriese lading wat dit vir alle breinfunksies nodig het, onder meer denk- en geheueprosesse.
  3. Eet ’n goed gebalanseerde dieet van vrugte en groente minstens ’n week voor en tydens die eksamentyd.
  4. Vat elke uur ’n blaaskans van vyf minute om jou liggaam meer glukose te laat vervaardig – die brandstof wat jy nodig het vir leer. Kies eerder peuselhappies soos amandels, bloubessies, avokado’s, vetterige vis en jogurt.
  5. Kry genoeg slaap en moenie deurnag leer nie. Ondersoeke toon deurnag-sessies belemmer redenering en geheue tot vier dae lank. Hersien die moeilikste materiaal net voor jy die aand voor die toets gaan slaap. Dit sal dit makliker maak om die inligting later te herroep.
  6. Vermy afleidings soos musiek luister en SMS of twiet terwyl jy leer, want dit sal jou vermoë beperk om die inligting te behou.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>