Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

As jy na hierdie foto’s kyk, sal jy nie glo Kate is 12 weke swanger nie!

$
0
0

’n Mens kan skaars glo die hertogin van Cambridge is al langer as twee weke buite aksie weens kwaai oggendnaarheid.

Trouens, dit is moeilik om te glo dat sy swanger is! Catherine was haar stralende (en slanke) self toe sy die prysuitdeling vir natuurlewefotograaf van die jaar Dinsdagaand by die Natural History Museum bywoon. Sy is die museum se beskermheer.

Alle oë was gefokus op prince William se vrou – en haar maag – toe sy in ’n vloeiende, ligblou Jenny Packham-rok met ’n stemmige spleet deur die skare beweeg.

Catherine is daarvoor bekend dat sy items meer as een keer dra, maar dié keer het sy ’n nuwe rok gedra saam met ’n vleeskleurige hakskoene en palmtas. Maar ons moet sê ons hoop die stylvolle ma van een dra weer hierdie uitrusting – sy lyk koninklik verby!

Catherine en William het vroeër vandag die president van Singapoer aan die begin van ’n staatsbesoek in Londen verwelkom. Sy het pres. Tony Tan en sy vrou, Mary, by die Royal Garden Hotel verwelkom en vir hulle gesê: “Ek het vir seker daarna uitgesien om uit die huis uit te kom.”

Catherine is 12 weke swanger en het behandeling gekry vir kwaai oggendnaarheid, wat in haar eerste swangerskap ook ’n probleem was.


Ekstra bronne: Sapa.org, Dailymail.co.uk

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>