Die bekende akteur Waldemar Schultz, wat onder andere die rol as Jan-Hendrik in 7de Laan vertolk het, se tienerseun, Kieran, is Saterdag in tragiese omstandighede dood.
Kieran het na sy dood geval van ’n uitkykpunt in Hermanus.
Waldemar was in Hermanus waar hy in verskeie verhoogproduksies by die Kalfiefees opgetree het.
Volgens nuusbronne was Waldemar en Kieran, 14, saam met vriende by die uitkykpunt by die bekende Oud Hawe in Hermanus om walvisse te kyk. Kieran het glo saam met ’n vriend foto’s geneem toe hy gegly en van die krans in die water geval het.
Hy het glo kopbeserings opgedoen en is onmiddellik na ’n hospitaal gehaas, maar het sowat ’n uur later aan sy beserings beswyk.
Waldemar se vrou, Ira Blanckenberg, was in Kroonstad ten tyde van die voorval en sou later na Hermanus vlieg.