Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Winkel dink Oprah ‘te arm’ vir handsak

$
0
0

Oprah Winfrey is in ’n boetiek in Switserland aangeraai om nie ’n duur handsak te koop nie, want sy sou dit nie kon bekostig nie.

Die gewilde TV-persoonlikheid het in ’n Amerikaanse televisieprogram vertel sy was onlangs vir die sangeres Tina Turner se troue in Switserland. In Zürich het sy by ’n deftige boetiek ingestap en gevra om na ’n handsak te kyk.

Die winkelassistent het haar blykbaar nie herken nie en geantwoord: “Nee, dis te duur.”

Toe Winfrey daarop aandring, het die assistent glo weer gesê: “Nee, nee, jy wil nie na daardie een kyk nie, want dit sal te veel kos. Jy sal dit nie kan bekostig nie.”

Winfrey, ’n miljardêr, wou nie die winkel se naam noem nie.

Sy het gesê sy het nie ’n bohaai gemaak nie, maar die winkel net verlaat.

Volgens ’n berig in die Londense Independent het Trudie Goetz, eienaar van die winkel, om verskoning gevra en dit ’n “misverstand” genoem.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>