Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

6 pragtig gedekte tafels

$
0
0

’n Onvergeetlike maaltyd  begin met ’n lieflike tafel wat jou nooi om aan te sit en heerlik te kuier. Ons blogger deel ses van die mooiste tafels wat vandeesweek op die sosiale webtuiste Pinterest te sien was.

VAN my heel beste herinneringe is aan tye waar ek saam met familie en vriende by lang tafels aangesit het vir tydsame maaltye waar ons nuus uitruil, die gek skeer en filosofiese argumente voer om van die wêreld ’n beter plek te maak. Al kwel ons ons as kokke altyd oor die gehalte van die kos wat ons voorsit, is dit die liefde en die gelag wat bly talm lank nadat die laaste borde klaar gewas is.

Maar ’n pragtig gedekte tafel doen net so veel om ’n lekker atmosfeer vir ’n groot bymekaarkoms te skep. Of jy nou besluit om formeel te versier, of speels en aweregs – jy skep die raamwerk vir ’n kuier wat net interessant kan wees. Hier is die mooiste tafels wat ek vandeesweek op Pinterest raakgeloop het.

1 Die perfekte agtergrond

Links: Foto oorgespeld van ripplustan.com. Regs: Foto oorgespeld van houseandhome.com.

Links: Foto oorgespeld van ripplustan.com. Regs: Foto oorgespeld van houseandhome.com.

Tof dit op met kristalglase en lang, elegante kerse in silwerkandelare. Of dek dit eenvoudig met ’n rustieke houtplank as jou hoofversiering. Hoe dit ook al sy, jou kos sal heerlik lyk teen die eenvoudige elegansie van wit. Ek is gek oor die lapservette – dit laat die maaltyd deftig voel al eet jy doodgewone spaghetti bolognese.

2 Kuier in die buitelug

Oorgespeld van Lilia Meredith

Foto oorgespeld van Lilia Meredith

Die standaarddinge is dalk ’n bietjie holderstebolder – die eetgerei is ’n bontspul, die stoele pas nie, die tafels is teen mekaar geskuif – maar die oorheersende gevoel is vol rustieke flair. Lang tafellopers in neutrale kleure laat die tafels by mekaar aansluit, en die dekor word bymekaargebring deur houtskyfies wat groepe kerse vashou en blomvase wat ewe ver uit mekaar geplaas is. Ek kan myself in dié toneeltjie sien!

3 Hoe meer, hoe beter

Foto oorgespeld van G Marie.

Foto oorgespeld van G Marie.

Daar’s ’n hele paar idees hier waarvan ek hou. Die eerste is die manier waarop twee stelle eetgerei gemeng is met passende borde oorkant mekaar. Ek is ook mal oor die weggooibare tafelmatjies – jy kan dit in pakke by geskenkwinkels koop of jou eie ontwerp en op A3-papier druk. Voeg ’n spatsel helderheid by deur blomme losweg in flesse te druk.

4 Eenvoudig pragtig

Foto oorgespeld van w-weddingflowers.com

Foto oorgespeld van w-weddingflowers.com

Dis so mooi en jy kan dit skik om te pas by die geleentheid, jou smaak en die vorm van jou tafel. Jy het nie duur blomme nodig nie – bloeisels of groenigheid uit jou tuin sal net so lieflik lyk.

5 Weg met skottelgoed!

Foto oorgespeld van ruffledblog.com

Foto oorgespeld van ruffledblog.com

Net omdat julle by ’n tafel eet beteken nie jy hoef dae later nog te staan en skottelgoed was nie. Toe ek hierdie oulike aweregse tafel sien, het ek gedink ’n mens kan maklik party van die elemente met weggooibare tafelgerei vervang. Hou die blommerangskikkings eg en helder en die kersblakers swaar en deftig, maar gebruik verder van die heerlike weggooibare opsies wat beskikbaar is. Jy kry alles van plastiek-messegoed wat soos regte silwerware lyk tot taamlik stewige borde wat nie saf raak van slaai nie. Ek hou ook baie van die idee om houtborde vir eetmatjies in te span, veral as jy agterna kaas en beskuitjies gaan voorsit. Sorg net dat die hoofversiering nie so hoog is dat mense mekaar nie daar verby kan sien nie.
- Alfie Steyn

Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge by:

10 planne met ou kaarte

5 planne met ou koffers

5 idees vir werkhoekies

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

Vyf blink planne op Pinterest: trosligte

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy

Volg Huisgenoot op Pinterest

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>