Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kleur in en word kalm

$
0
0

Met dié dat die lewenskoste bly styg en werke ál veeleisender word, is dit geen wonder stresvlakke skiet ook die hoogte in nie. Verlede jaar het ’n peiling deur die stigting vir geestesgesondheid in Brittanje getoon amper twee derdes van dié land se volwassenes voel meer gespanne as vyf jaar gelede.

Wat is die antwoord? In ’n ideale wêreld sou ons ons werk bedank en op ’n sonnige plek gaan woon, maar dit is waarskynlik nie volhoubaar nie. Ons moet ander maniere vind om die angs baas te raak.

Sport kan vir party mense ’n oplossing wees. Ander mense vind weer herhalende stokperdjies soos hekel en brei het ’n kalmerende uitwerking. Maar nou wend baie mense hulle na iets nuuts om hulle te help afskakel: inkleur. In Frankryk is die kunsboeke so gewild dat meer daarvan as kookboeke verkoop word. Maar hoekom is dit so gesog?

“Inkleur is ’n wonderlike manier om jouself aan die konsep van bewustheid bloot te stel,” het Tiddy Rowan, die skrywer van The Little Book of Mindfulness en Colour Yourself Calm, aan HuffPost UK Lifestyle gesê.

“ ’n Mens raak so verdiep in inkleur. Dis ’n buitengewone aktiwiteit. Trouens, as jy kyk hoe kinders met kryt speel, kan jy sien presies hoe boeiend dit is.”

Die skrywer voer aan inkleur verg so baie konsentrasie dat dit mense help kop skoonmaak. In hierdie oomblikke kan ander goed jou bewussyn te binne skiet – soos ’n feit wat jy vroeër die dag probeer onthou het of ’n manier om ’n probleem by die werk aan te pak.

Richard Merritt, wat vir die The Creative Therapy Colouring Book geteken het, dink deel van die bekoring van sketse inkleur, is die verband tussen die stokperdjie en kind wees.

“In daardie oomblik – wanneer jy gaan sit met ’n tradisionele stuk papier en penne met geen apps en geen geraas – keer jy amper weer terug na kind wees. Inkleur bied ’n bietjie ontsnapping,” verduidelik hy.

Daar is ook geen regte of verkeerde manier om die stokperdjie op die proef te stel nie. Vat bloot ’n boek en ’n paar potlode en val weg. Jy voel dalk eers simpel, maar dit kan jou regtig help kalmeer en ophou bekommer oor jou alledaagse lewe. Is jy steeds nie seker nie? Teken in op een van die Facebook-groepe wat vir aanhangers geskep is en ons is seker jy sal oortuig word.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>