Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Oscar se besoeke aan nagklubs onder die vergrootglas

$
0
0

Gerrie Nel, het kruisondervraging van Oscar Pistorius se sielkundige gevra of die besoek aan ’n nagklub, wat tydens ’n kritieke stadium van sy verhoor gebeur het, sin maak.

(Foto: Marco Longari/AFP/Sapa)

(Foto: Marco Longari/AFP/Sapa)

Oscar Pistorius se besoek aan ’n nagklub tydens sy moordverhoor maak sin, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.

“Dit is nie wat ek sou verwag nie, maar dit val binne die kriteria – dit kan gebeur,” het Oscar se sielkundige, Lore Hartzenberg, tydens vonnisverrigtinge getuig.

Die aanklaer, Gerrie Nel, het tydens sy kruisondervraging gevra of die besoek aan ’n nagklub, wat tydens ’n kritieke stadium van sy verhoor gebeur het, sin maak.

“Wat soek u, dame?” het Gerrie gevra toe sy buk om iets op te tel.

Dit was ’n foliant, die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders V.

“In ’n toestand van hiperopwekking sou hy uitgaan en probeer wegkom van sy eie nagmerries en gevoelens om van die trauma te probeer wegkom,” het sy gesê.

Sy het in die handboek verwys na die kriteria vir post-traumatiese stressteuring, waaraan Oscar ly. Dit sluit in prikkelbaarheid en roekelose en selfvernietigende gedrag.

Op 12 September is Oscar skuldig bevind aan die strafbare manslag van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp, maar nie van haar moord nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>