Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Maandag 13 Oktober 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier Gaan Ons Alweer (kykNET): Hierdie week hengel Petri en sy span die eerste keer die Zambesirivier in die nag. Met geen sig is daar groot konsentrasie onder die hengelaars, wat die pret-faktor opstoot.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius en Carina asook Stef en Vicky besef hul verhoudings het werk nodig, maar sal dit uitwerk? Sussie maak ’n ontdekking in Marco se kamer. Fritz kry die skok van sy lewe toe die klokkie lui en hy die voordeur oopmaak.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanessa en Charmaine is bekommerd oor die mans in hul lewe. Intussen maak Altus dit duidelik dat hy vir Paula lief is en dat sy nie oor Kristen bekommerd moet wees nie.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zanel word beskuldig, en Okkie het raad vir Ilse oor Ivanka – terwyl Marcel se gewetenloosheid haar nog verder ontstel. At trap Daleen uit, en Rian konfronteer Bertha. Judith word voor stok gekry.

20:00 Mad About You (e.tv): Marvin begin stoei en Ira raak sy bestuurder. Intussen ontdek Paul en Jamie dit is lekkerder wanneer elkeen in sy eie bed slaap.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Knysna-oesterfees is een van die oudste feeste in die land en word jaarliks in die winter aangebied om besoekers na hierdie vakansieparadys te lok. Vanjaar het die fees weer ’n verskeidenheid sportkompetisies gehad, maar natuurlik was oesters en wonderlike kos die hoofbestanddeel. By die Flavours of Knysna kon deelnemende restaurante hul kreatiwiteit met oesterdisse kom tentoonstel. Ander hoogtepunte was ’n visbraai, woudstaptog en nog vele ander aktiwiteite. Janina Oberholzer van Toks en Tjops-faam is die gas-aanbieder.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 The Knick (M-Net): Lucy kry dwelms vir Thackery en Robertson moet dringend geld in die hande kry.

22:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.  


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>