Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Nuwe navorsing kan longkanker vroeër opspoor

$
0
0

In ’n nuwe studie is daar bevind longkanker kan 20 jaar teenwoordig wees voor dit ontdek word en aggressief raak.


In die navorsing, wat in die joernaal Science gepubliseer is, is longkanker in sewe verskillende pasiënte ondersoek, insluitend voormalige rokers, dié wat nooit gerook het nie en dié wat tans rook. Navorsers het bevind die eerste genetiese mutasies van kanker kan 20 jaar lank onopgespoor wees, waarna ander faktore as rook tot die versnelde groei van kankerselle lei.

In hierdie groeitydperk was daar verskillende genetiese foute wat in verskeie dele van die gewas verskyn, en elke afdeling beweeg in ’n verskillende rigting. Dit beteken elke afdeling van die gewas is geneties uniek; navorsers hoop nou hulle kan as gevolg van hierdie eksperiment die siekte vroeër opspoor.

Elke jaar word daar longkanker by meer as 40 000 mense gediagnoseer, en twee derdes van lyers het gevorderde vorme. Dit beteken teen daardie stadium is behandelings minder doeltreffend en minder as ’n tiende oorleef minstens vyf jaar ná hul diagnose.

“Oorlewing van longkanker is steeds ongelooflik laag, en baie nuwe geteikende behandelings het ’n beperkte invloed op die siekte,” sê prof. Charles Swanton van Cancer Research UK se navorsingsinstituut in Londen en die Universiteitskollege Londen se kankerinstituut.

“Met begrip van hoe dit ontwikkel het ons die siekte se evolusionêre reëlboek oopgemaak met die hoop dat ons sy volgende stappe kan voorspel.”

Die navorsers het ook bevind dat terwyl rook baie vroeë genetiese foute veroorsaak, is dit ’n proteïen genaamd APOBEC wat genetiese mutasies binne die gewas veroorsaak.

Prof. Nic Jones, Cancer Research UK se hoofwetenskaplike, verduidelik: “Hierdie fassinerende navorsing plaas die klem op die behoefte aan beter maniere om longkanker vroeër op te spoor terwyl dit steeds een evolusionêre pad volg.

“As ons die siekte in die kiem kan smoor en kan behandel voor dit verskillende evolusionêre paaie kan begin volg, kan ons ’n werklike verskil maak en meer mense die siekte help oorleef.”

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!