Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Robothelikopter lewer bier af by Oppikoppi

$
0
0

Enige gereelde feesganger kan jou vertel wat die slegste deel van die ervaring is: die lang tou wat jy moet baasraak voor jy met ’n drankie in die hand na jou gunsteling-band kan luister.

Die gewilde plaaslike musiekfees Oppikoppi, wat eerskomende naweek in Limpopo gehou word, het ’n slim oplossing hiervoor bedink: die bier-robothelikopter.

Die Oppikoppi-bierrobot is ’n helikopteragtige toestel met agt skroewe, die “oktakopter”, wat ’n hele paar biere kan vervoer. Dorstige feesgangers kan ’n bier met ’n app op hul Android-foon of tablet bestel, waarna die robothelikopter dit sal aflewer. Die robothelikopter spoor die mense wat die bestelling geplaas het deur hul GPS-ligging op en laai die bier, wat aan ’n oulike klein valskerm vasgemaak is, by hulle af.

Die robothelikopter, wat deur Darkwings Aerials ontwikkel is, is nog in die toetsfase en die feesorganiseerders “neem dit stadig” met net een of twee robothelikopters op ’n slag in die lug.

Dit lyk egter of dit die stowwerige feesgangers dorstig en ongeduldig maak. “Ons het al drie keer bestel en niks is nog afgelaai nie!” mor iemand. Nog een kla op die Oppikoppi-Facebook-blad: “Dors!”

“Die wind is dalk ’n probleem,” sê Margeaux Erasmus by die fees. “Die valskerm waaraan die bier hang, word weggewaai.”

’n Mens sou dink hulle sou ’n bietjie geduldiger wees: Die bier is immers gratis.


-Kirstin Buick

Foto’s: Facebook/Oppikoppi en Facebook/Darkwing Aerial Cinematography


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>