Die sanger en liedjieskrywer Rudi Claase sterk tuis aan nadat hy volgens berigte Sondag sy lewe probeer neem het. Let op na die volgende waarskuwingstekens wat kan wys dat ’n geliefde selfdoodneigings het:
- Praat van selfdood.
- Depressie. Dit is die hoofoorsaak van selfdood.
- Voorbereiding vir die dood, soos om besittings weg te gee.
- Drastiese persoonlikheidsveranderings.
- Riskante gedrag, soos drink en bestuur.
- Wanneer iemand gedigte of opstelle oor die dood skryf of afbeeldings van die dood skilder.
- As hy of sy skielik ongekend opgeruimd raak: ’n Skielike gemoedsverandering kan beteken hy of sy is verlig omdat hul probleme binnekort iets van die verlede sal wees.
Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) bied gratis steun aan mense met selfdoodneigings en hul familie. Bel die tolvrye hulpnommer 0800-75-33-79 of besoek die webtuiste by www.sadag.org.