Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Simon Cowell wil sy meisie glo ’n herehuis gee

$
0
0

Simon Cowell gaan glo vir sy swanger meisie ’n herehuis van R100 miljoen gee sodat sy hul kind naby hom kan grootmaak.

Die X Factor-baas het aangebied om Lauren Silverman (36), wat nou 11 weke swanger is met hul eerste kind, haar eie weelderige woning op die Trousdale-landgoed in Beverly Hills te gee sodra sy van haar vervreemde man, Andrew, geskei is.

Die 53-jarige Simon sal in sy eie huis daar naby bly woon sodat hy ’n ogie oor Lauren kan hou en by hul kind se opvoeding betrokke kan wees.

Iemand in die Amerikaanse eiendomsmark het aan die koerant Daily Mirror gesê: “Simon het ’n hele klomp huise gekoop en sal vir sy kind voorsiening wil maak, maar dit lyk of hy elke keer dat hy en ’n meisie uitmaak ’n huis weggee, dus raak hy vinniger van sy huise ontslae as wat hy gereken het.

“Hy het sy raadgewers opdrag gegee om die huis aan Lauren te gee, wat beteken dat sy naby kan wees, maar ook nie te naby nie, sodat hy met sy werk en gewone leefstyl kan aangaan.”

Lauren gaan waarskynlik saam met haar ma, Carole Saland, en die baba in die huis woon. Die eiendom beslaan 675 m² en het ’n see-uitsig, vier slaapkamers, ’n digitale teater en ’n privaat swembad.

Simon het die gewoonte om duur wonings in Hollywood Hills vir sy ekse te koop, onder andere sy voormalige verloofde Mezhgan Hussainy. Hy is op goeie voet met al sy ekse.

Die bron het bygevoeg: “Simon het baie huise naby aan mekaar in Beverly Hills en sy ekse woon in heelwat daarvan. Dit lyk nie of hy omgee dat hy enige tyd in hulle kan vasloop nie, maar soos hy aangaan, sal hy dalk nog huise moet aanskaf.”

Dit lyk egter of Simon steeds met Lauren uitgaan. Hulle het glo in 2009 ’n affair aangeknoop.

Andrew, ’n entrepreneur en voorheen een van Simon se goeie vriende, het verlede maand aansoek gedoen om van Lauren te skei. Simon is as die mederespondent aangegee en owerspel is gegee as die rede vir sy mislukte huwelik.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!