Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Woensdag 24 September 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Dié komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone verhale, en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Dis Erfenisdag en daar wag ’n verassing op die Villa se mense. Intussen gee Fritz Astrid onbewustelik ammunisie teen Sussie, terwyl Marius skoknuus oor Carina kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Die vriende verwelkom Emma, Marko en Thinus by die huis met ’n heerlike vleisbraai op Erfenisdag. Gaan Oubaas en Hilda skei?

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Pippa sien uit na gehaltetyd saam met Dirkie. At en Quinton stamp koppe oor Christa.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span praat met George Latski van die radiomuseum op Vanrhynsdorp. Lucinda Evans praat oor haar werk om die Kaapse woonbuurt Lavender Hill veiliger te maak.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die jongste Afrikaanse musiekvideo’s wys. Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge omtrent klap.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjiekamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Lindsey kom agter Alan en Gretchen slaap saam. Walden sukkel om vir Barry te sê dat hy sy eie plek moet kry.

21:30 Geraamtes in die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Extant (M-Net): Molly gaan nou enige tyd die lewe skenk. Sparks sal enigiets doen om die baba lewend te hou.

22:00 Hot In Cleveland (SABC 3): Drie vroue se lewe verander ingrypend toe hul vliegtuig in Cleveland land, pleks van Parys.

23:00 Ghost Whisperer (SABC2): Melinda het die vermoë om met geeste te kommunikeer en help hulle hul boodskappe aan geliefdes oordra.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>