Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Oreo-kaaskoek

$
0
0

Jy het nie ’n oond nodig nie. Maak net plek in die yskas en probeer geduldig wees terwyl dit set.  

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 min
Verkoel: 4 uur

176 g Oreo-koekies, verdeel
60 g botter, gesmelt
250 g roomkaas, versag
200 ml strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
250 ml (1 k) room, liggies geklits
ekstra Oreo-koekies vir versier (opsioneel)

Smeer ’n 20 cm-koekpan.

  1. Kap 12 van die verdeelde koekies grof op en sit eenkant.
  2. Maak die res van die koekies in ’n verwerker of met ’n  rolstok fyn, meng die botter in en druk op die bodem van die die bereide bakpan vas. Verkoel in die yskas terwyl jy die vulsel berei.
  3. Klits die roomkaas, strooisuiker en vanielje-ekstrak in ’n groot bak met ’n elektriese klitser tot glad. Roer die room en gekapte koekies sagkens in en smeer op die verkoelde kors.
  4. Verkoel in die yskas 4 uur of tot ferm. Versier met ekstra koekies as jy wil.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>