Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 24 September 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:
Vandag se nuwemaan beteken vanjaar is ’n keerpunt in jou lewe. Dis ’n tyd waarin jy aan jouself moet dink en so ander help. Dikwels lei hierdie sterre tot ’n nuwe loopbaan.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens is baie talentvol en ambisieus. Dit is iemand wat ongetwyfeld sukses sal behaal, wat óf wêreldbekend óf bekend in hul invloedsfeer gaan wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Die nuwemaan in jou teken bring gewoonlik ’n nuwe projek. Soms is dit ’n projek wat jy bedink het, maar meermale het iemand dit namens jou gedoen. Is hulle nie gaaf nie?

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Om die een of ander onbekende rede duik iets uit die verlede herhaaldelik op. Soms daag iemand uit jou verlede weer op. Dis onduidelik of dit ’n aangename ervaring al dan nie gaan wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Dikwels bring vandag se sterre iets aan die lig wat jy al ’n ruk lank wou hê. Dit is moeilik om te bepaal presies wat dit is, maar dit hou waarskynlik verband met ’n stokperdjie of belangstellings.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Vandag se nuwemaan is in jou hoek vir aansien en ego. Dit bring altyd ’n klop op die rug van iemand, dikwels op ’n openbare manier. Wat meer wil jy hê?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Jy dink al weer aan afgeleë plekke en terselfdertyd dink jy aan sake verwant aan opvoeding. Dit is moeilik om te bepaal hoe dit gaan ontwikkel, maar wees verseker jy wel voordeel trek.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Soms lei vandag se sterre tot groot uitgawes. Dit kan ook beteken jy kry groot geld in, maar dit gebeur nie baie dikwels nie. Meestal dui dit op groot uitgawes op ’n stokperdjie of belangstellings.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vennootskapsake is nooit onbenullig nie, maar vandag is dit belangriker as gewoonlik. oordink jou verhoudings en vra jou af of jy gekneg uitkry vir dit wat jy insit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy is nie geneig om te bekommerd oor gesondheid – joune of ander s’n – te wees nie, maar vandag is dit al waaraan jy dink. Dit is dalk nou ’n goeie tyd om met ’n gesondheidsroetine te begin.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)
Vandag se nuwemaan val in jou hoek van die liefde en romanse. Dit beteken dit gaan nie saak maak of jy nie die middag planne het nie; vanaand gaan die sterre steeds goed lyk. Dit lyk na ’n goeie dag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Jy het die nuwemaan in jou vierde hoek. Dit bring dikwels enkele veranderings in of om jou huis. Dis meestal dinge wat jy gereël het, maar dit is altyd positiewe veranderinge. Beteken dit jy herversier?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Die sterre is bedrywig wat jou familiesake betref. Gewoonlik bring hierdie sterre mense na jou toe, maar die teenoorgestelde kan ook gebeur. Mense werk saam.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Elke dan en wan moet ons ons inkomste en uitgawes vergelyk; dis nou sulke tyd. Ek dink jy gaan verbaas wees oor hoeveel jy oor die afgelope jaar verdien het en hoe min daarvan jy oorhet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!