Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die week se beste vyf nuusfoto’s

$
0
0

Op 13 September sit ’n groep Kashmiris bo-op ’n vragmotor en probeer ’n oorspoelde pad oorsteek in Srinagar, die somer-hoofstad van die Indies-geadministreerde Kasjmier, Indië. Meer as 1 miljoen mense het toegang tot skoon water verloor en duisende geboue, insluitend hospitale, is oorspoel en onbegaanbaar. Die oorstromings in die gebied is glo die ergste in dekades en sowat 400 000 mense is haweloos gelaat en 200 mense het gesterf.

Palestynse vroue probeer op 13 September in Khan Yunis, Gasa, tussen die puin van hul huise bruikbare besittings vind om onder moeilike omstandighede aan te hou bestaan. Dit volg nadat Palestynse groepe en Israel ’n permanente skietstilstand bereik het.

Op 19 September in Covent Gardens, Londen, spring Jamael Ahmed juigend in die lug nadat hy die eerste persoon is wat die iPhone 6 gekoop het.

Moedelose Yes-ondersteuners stap op 19 September langs die Royal Mile in Edinburgh, Skotland, huis toe nadat Skotse burgers nee gestem het vir Skotse onafhanklikheid. Die meerderheid Skotse burgers het in die referendum teen onafhanklikheid gestem en Skotland gaan steeds deel bly van die historiese unie lande waaruit die Verenigde Koninkryk bestaan.

FOTO: AP Photo/Antonio Calanni

FOTO: AP Photo/Antonio Calanni

Die Italiaanse Yamaha-jaer Valentino Rossi val op 12 September tydens ’n vrye oefensessie vir die San Marino-Motorfiets-Grand Prix by die Misano-baan in Misano Adriatico, Italië.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!