Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Confessions of a Hungry Woman deur Sam Woulidge (Struik Lifestyle, R232)

$
0
0

 

Die oomblik toe ek sien Sam Woulidge bied ’n kosklas aan as deel van die bekendstelling van haar boek, het ek geweet ek moet daar wees.
Dié smulpaap en rubriekskrywer vir die kostyd-skrif Taste is ironies genoeg nie self ’n voorslag in die kombuis nie en dis hoe Confessions of a Hungry Woman gebore is: Sy het haar vriende gevra om vir haar hul beste resepte te gee wat so flatervry is dat selfs sy dit kan maak.
En by die kosklas het Sam bewys dit werk. Sy het Jacques Erasmus se botterhoender gemaak – ’n gebakte weergawe en die beste wat ek nog geproe het. Daarna het sy ons gewys hoe om die sjef Giorgio Nava se botterskorsieravioli te maak, en ’n brood met tamatie en olywe van Jannie du Toit en Judy van der Walt.
Tussen die kokery deur het Sam vertel hoe moeilik dit vir ’n joernalis kan wees om mense se intieme stories uit hulle te kry. Maar, het sy vertel, vra iemand uit oor iets soos kaneel, dan stroom herinneringe van lang middagetes aan oupa en ouma se tafel en besef jy hoe die reuk, smaak en tekstuur van kos ingeweef is in ons geskiedenis.
Dis sulke stories wat sy opgeteken het en wat van haar eerste kosboek iets besonders maak (tesame met haar vriende se kampioenresepte).
– Kim Arendse


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>