Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

5 liedjies om jou week op te vrolik

$
0
0

Ons nuwe blogger, die radio-aanbieder en musiekvraat Ian Bredenkamp, deel sy keuse van liedjies vir die week, een vir elke werkdag.

MUSIEK is ’n kragtige ding. Die regte liedjie op die regte tyd van die dag kan jou gees laat sweef en jou heerlik laat voel. Die verkeerde liedjie het die teenoorgestelde uitwerking. Ons het al almal die verkeerde liedjie gehoor. Die poptreffer wat holrug oor die radio gery word. Die nuutste rapliedjie wat uit ’n kind se selfoon blêr. Die skreeuende R&B-ballade deur ’n Idols-finalis.

My doel met hierdie blog is om jou te help om die regte liedjies vir jou week te kies. Dink aan my as jou Jamie Oliver – hy is regtig goed daarmee om te wys hoe ’n mens met so min moeite moontlik ’n vinnige aandete kan optower. Ek gaan probeer om dieselfde met musiek te doen, maar sonder Jamie se Kakie-aksent.

Maandag
Die begin van ’n nuwe weeek ná betaaldag (dis nou as jy gelukkig genoeg is om op die 25ste betaal te word). Altyd ’n goeie rede om fees te vier. Jy kan nie help dat jy ’n ekstra huppel in jou stap het nie. Dié liedjie was in 1976 ’n nommereen-treffer in Australië, België, Frankryk, Nederland, Mexico en Nieu-Seeland .

Dinsdag
Een van my gunsteling nuwe kom-aan-die-gang-liedjies deur die SA groep Isochronus . . . hulle het hul naam na ISO verander omdat niemand geweet het hoe om die langer weergawe uit te spreek nie. Gaan kyk na No Fire. Probeer om nie met jou voete saam te klop nie . . . nee, dis onmoontlik! Dis so koel!

Woensdag
Halfpad deur die week. Die naweek kom nader. Jy kan jou Saterdagbraai ruik, die gelag saam met vriende hoor, na die lekkerte begin uitsien. Soek die nuwe Justin Timberlake-album op jou iPod en speel Suit & Tie.

Donderdag
In my kar is Donderdae my ouskool-dae. Dis die dag waarop ek na gister se treffers luister. Ek speel net herinneringe op ’n Donderdag. Dié week is dit tyd vir die 1980’s en George Benson – Never Give Up on A Good Thing.

Vrydag
Die beste dag van die week. Die begin van Gelukkige Dae, Familie, Vriende, Kos. Daar is geen beter manier om reg te maak vir die naweek as met ’n liedjie oor die naweek nie. Michael Gray se een-treffer-wonderwerk, I Can’t Wait For The Weekend To Begin, is eenvoudig perfek.
Geniet die musiek. En kom sluit volgende week weer hier by my aan. Tot dan kan jy my op Twitter volg: @IanBredenkamp

 

Ian small Ian Bredenkamp bied ’n daaglikse program aan op 94.5 Kfm en doen musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Vanjaar werk hy met die internasionale sterre Mike + The Mechanics, Bonnie Tyler, Kings of Chaos en Patrizio Buanne op hul SA toere.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>