Hierdie husky geniet werklik sy uitstappies park toe, dermate dat hy vasskop wanneer dit tyd is om huis toe te gaan.
Dis gewoonlik kinders wat ’n bohaai opskop wanneer hulle hoor hul kuiertjie is verby – maar hierdie brak kan die grootste bedorwe brokkie ore aansit.
Die skreeusnaakse video, wat in Amerika verfilm is, wys hoe die hond sy tyd in die park gate uit geniet, en blykbaar is hy nog nie gereed om huis toe te gaan nie.