Hertogin Catherine verwag haar tweede kind, het die Kensington-paleis vanoggend aangekondig.
Volgens die BBC-joernalis Peter Hunt ly die hertogin aan akute oggendnaarheid en ontvang tans behandeling van dokters by haar woonstel by die Kensington-paleis.
Prins William en Catherine het gesê hulle is “verheug om aan te kondig” dat hulle hul tweede kind verwag.