Die meisie het heelwat beserings opgedoen, maar gaan na verwagting oorleef. Die voorval het Dinsdag plaasgevind by ’n wassery in Pasadena, sowat 16 km suidoos van Houston, het hulle gesê.
“Sy het taamlik vinnig daarbinne getol,” het ’n woordvoerder vir die Pasadena-polisie, Vance Mitchell, aan die Houston-televisiestasie KHOU gesê.
“Een persoon het verbygestap en het gesê hulle het iets in die wasmasjien sien tol. Hulle het gedink dit is net ’n rok, want dit het taamlik vinnig beweeg,” het Vance gesê.
Die polisie is onseker hoe die meisie in die masjien beland het. Hulle het gesê net voor die voorval het ’n klant die masjien probeer gebruik, maar het ’n terugbetaling ontvang omdat dit nie behoorlik gewerk het nie.
Bronne: Reuters, Time, USA Today